Die Pan Mill 3000 is `n enkel fase model wat enkel fase krag benodig om dit aan te dryf.  
  
 Dit het `n 3 Kw enkel fase motor (220V) en u benodig ten minste `n 15 amp aansluiting.  
  
 Indien jy nie elektrisiteit het nie, kan `n 7.5 Kw kragopwerker gebruik word. 
  
 Dit kan gebruik word vir die verwerking van DROË produkte soos graan, lusern, denneboombas vir potplant mengsels, droë aalwyn blare ens. 
  
 Gewig: +/- 95Kg  
  
 Mate: 600mm x 600mm x 1.2m