Die Pan Mill is `n veeldoelige sny-en maalmasjien, is sterk gebou, vriendelik en veilig en maak min stof!

Wie is ons?

1
Ons Storie
Die Pan Mill is deur ‘n Suid Afrikaner, Brian Mc Grath, ontwerp.  
Die idee van die masjien is gebore uit die behoefte om op ‘n meer eenvoudige wyse te boer. Om voedsel vir sy plaas diere te maal het ‘n veeleisende taak geword. Die toerusting wat toe beskikbaar was, was nie geskik vir die klein boer nie. Hy het toe sy inisiatief en uitvindingsvermoeë ingespan om ‘n eenvoudiger, koste effekte masjien te ontwikkel.  
 
Na 2 jaar van speel met verskillende ontwerpe, lemme en siwwe kon hy uiteindelik hierdie effektiewe masjien bou. Dit is ontwerp vir produksie doeltreffendheid en om met die minimum mannekrag bedryf te word. Dit is ideal om net die regte hoeveelheid voedsel vir jou diere te maal.  
 
Die Pan Mill 3000 was die eerste masjien en het oor die jare die meeste verandering ondergaan. Dit het van vorm verander, van motor verander. Selfs die kleur het van blou en geel na slegs geel verander. Die kleur verandering is teweeg gebring sodat stof nie so maklik wys op die masjien. Onlanks het die naam verander van die modelle van PlaasJapie na Pan Mill 3000 en van Landman na Pan Mill 4000. Na baie navraag vir ‘n groter masjien vir die groter boerdery, is die drie fase model vergroot en word nou die Pan Mill 5000 genoem.  
 
Die Pan Mill is nou in verskeie lande gepatenteer.

Testimonials & Awards


Testimonials

Awards